Monday, August 13, 2012

Paul Roos Gimnasium vs Grey Bloem 2012

Jannes Buijs

Twintig van Paul Roos se top bergfietsryers neem aankomende Vrydag deel aan wat ons almal ken as ‘n epiese stryd. Die jaarlikse Grey interskole! Laas jaar was Grey se poging tot sukses in Stellenbosch  ‘n mislukking en Paul Roos het die oorwinning met gemak behaal. Tog is vanjaar se interskole ‘n perd van ‘n ander kleur...

Bloemfontein se dun lug speel ‘n groot rol en laat die manne behoorlik na hulle asems snak, gelukkig het van ons fietsryers vanjaar al in Pretoria deelgeneem en sal dit nie ‘n groot probleem wees nie. Die baan is ook baie meer klipperig en stowwerig – iets waaraan ons nie baie gewoond op die oomblik is nie (Ons hou te veel van die modder in Stellies.)
Edward Best
Soos ons almal weet het Bloemfontein ‘n gebrek aan berge...Die grootste bult is oppad na Mimosa Mall en sorg nie vir enige opwinding nie. Ons is veral bekend vir ons bergfiets klim vermoë, maar gaan die Grey manne geen kanse gun op die vlaktes nie. Die span is slag gereed en volgens Edward Best, een van Paul Roos se top bergfietsryers, sal nie een van die bogenoemde vir Paul Roos kan kelder nie.

Paul Roos fietsry het ‘n briljante seisoen sover met Edward Best wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die UCI Wêreld-Beker in Pietermaritzburg vroeër vanjaar. Stephan Senekal, Matthew Lombardi, Harrie Malan, Jannes Buijs, Dean Morgan en Stian Venter het tussen die ses van hulle ‘n hele paar podium- posisies verower by die WP asook SA –ligas. Paul Roos loop ook tans voor in die Spur-bergfietskompetisie.
Old boy: Hanno Lategan

Hanno Lategan , ‘n oud Paul Rooser asook gewese eerste-span fietsryer het die volgende te sê gehad:
“ Oor die algemeen dink ek ons het ‘n baie sterk span wat enige dag vir enige skool kan aanvat, so ons is nie bang vir Grey nie. ”




Old Boy: Ehlers Smit

Een ding is verseker: Paul Roos bergfietsry is besig om nuwe hoogtes te bereik as gevolg van die geweldige harde werk en ondersteuning wat ons as basis het. Alle aanmoediging vir die Paul Roos fietsryers is welkom en ons kort die Paul Roos massas daar! - Willem Marais

Foto's deur Inus Grobler: PRG vs Grey MTB 2010

No comments:

Post a Comment