Wednesday, September 7, 2011

4th Spur MTB league @ Delvera

Bloed en sweet, het hulle gedeel, en uitmuntende prestasies verower in die afgelope naweek se finale Spur Bergfietsliga aangebied op Delvera plaas buite Stellenbosch. Paul Roos se fietsryers, het gery, gepreserveer en gedomineer.

Dit was ‘n koue oggend, maar die sonnetjie het gou deurgedring, en die res van die oggend opgemaak. Die roete was plek-plek modderig met paar stewige klimme, maar die ouens was min gespin daaroor. Hulle was van aankoms op Delvera al “gefocus” en die stof (en modder) het behoorlik gespat.

Almal het uitstekende prestasies verower:

Sub-Junior Men:

Matthew Lombardi 1ste

Ian Lategan 7de

Youth Men:

Stephan Senekal 1ste

Dean Morgan 2de

Jannes Buijs 5de

Harrie Malan 6de

Junior Men:

Luc de Marigny 2de

Edward Best en Johannes Scribante 4de

Bethel Muller 7de

Stian Venter 8ste

Carel Coetzer 12de

Full results: http://www.amarider.co.za/dyn_files/aff2_fa7gfka3.xls

Op die 24ste September, neem 10 Paul Roosers deel aan die Nationale Kampioenskappe in Magaliesburg. Ons wens die span alles van die beste toe!

Baie dankie aan Meurant Botha en Spur wat dit moontlik maak!

Hier is ‘n video, gemaak deur gewese kaptein Hanno Lategan, wat die naweek se gebeure opsom! Geniet dit!

-Dean Morgan


No comments:

Post a Comment